'n Paar van die Galliërs (Afrikaans)

asterix
Asterix, die held van hierdie avonture. Hy is 'n klein krygsman met 'n helder gees en 'n skerp verstand. Al die gevaarlikste sendings word sonder aarseling aan hom toevertrou. Asterix put sy bomenslike krag uit die towerdrank van die druïde Abrakadabrix ...
panoramix
Abrakadabrix, die dorpie se eerbiedwaardige druïde, versamel mistel en stook towerdranke daaruit. Sy grootste sukses is 'n drank wat 'n bomenslike krag gee aan almal wat dit drink. Maar Abrakadabrix het ook nog 'n paar ander resepte ...
assurancetourix
Kakofonix is die dorpsanger. Daar bestaan 'n verskil van mening oor sy talente: hy dink hy is 'n groot kunstenaar, die ander dorpenaars vind sy sang onuitstaanbaar. Maar solank hy stilbly, is hy 'n gawe vent en hou hulle van hom ...
obelix
Obelix is Asterix se boesemvriend. Hy is 'n menhir-leweransier en mal oor wildevarkvleis. Obelix is altyd bereid om alles net so te los om Asterix op 'n nuwe avontuur te vergesel. Solank daar net wildevarke en 'n lekker bakleiery in die vooruitsig is ...
abraracourcix
Laastens is daar Grootkokkedorix, die stamhoof. Hy is statig, dapper en prikkelbaar. Hy word deur sy mense met eerbied bejeën, en deur sy vyande met vrees. Grootkokkedorix is vir net een ding bang: dat die hemel op sy kop sal val. Maar soos hy altyd self sê: "Môre is nog 'n dag!"